Feeds:
Bydraes
Comments

Vandag was ek alweer gelukkig en toe ek netnou buite rondloop toe sien ek een van die jong Swartsuikerbekkies wat in ons tuin is op die “Canary Bird Bush”.  Dis nie aldag dat mens ‘n voëltjie op ‘n voëltjie bos sien nie en vandag het die jongeling vir my gesit en wag tot ek klaar my foto geneem het.

Vir die van julle wat weet wat ‘n hummingbird is, of wat al een in lewende lywe gesien het sal verstaan hoe praktig en uniek hierdie klein voëltjie is.  Dis die enigste voël wat ek van weet wat agteruit kan vlieg en wat op een plek kan “stilstaan” in die lug, net soos ‘n helikopter.

Wel, as daar nou een iets is wat ek mis van Amerika, dan is dit die Hummingbird.  Dit was my gunsteling besoeker by ons huis gewees in die lente tot somer.  Die pragtige ou voëltjie was gemis tydens die herfs en winter, maar tog elke lente was hulle terug.

Nou ja, die Hummingbird wil net nie vir my hier in Suid Afrika kom kuier nie, maar soos altyd, is daar altyd ‘n plan B.  Danksy my Ma het ek nou my eie “Hummingbirds” in my tuin en hulle is ook net hier in die somer.  Hulle bly 24 uur per dag as hulle eers hier is, maar na so paar dae “vlieg” hulle weg, maar dankie tog, nuwes arriver nie lank daarna sodat ek weet my gunsteling besoeker kan “sien”.

Ek is nie seker watter spesie hierdie “Hummingbird” is nie, maar hulle is amper net so mooi soos die Amerikaanse Hummingbirds.

Hier is so paar van die Hummingbirds wat ek in Amerika afgeneem het.  Sien julle ook die ooreenkoms?

Ruby-throated Hummingbird
 

Rufous Hummingbird

Anna’s Hummingbird

Het jy al ooit alleen en eensaam gevoel terwyl jy tog rondom mense is wat jou baie life het?  Het jy al ooit gesukkel om mense se liefde te ervaar terwyl hulle als probeer om jou geliefd te laat voel.  Wel, ek ervaar daardie gevoel baie.  Vandag was ‘n wonderlike dag gewees deur eers God te loof in ‘n erediens, toe saam met goeie vriende middagete geniet en lekker gekuier, familie tyd later die dag, en selfs ‘n tydjie om saam met my vrou in die tuin rond te stap voor die son sy verdwyning maak agter die dreigende wolke wat reën gaan bring.  Daar is geen rede om alleen en eensaam te voel, maar tog voel ek alleen vanaand.

Ek het alweer vergeet wat hierdie gevoel beteken, maar my getroue en wonderlike Hemelse Vader het my later herinner wat die beteken.  “Vader vergewe my omdat ek so gou kan vergeet, maar dankie dat U getrou is en geduldig wag vir my.  Ek het U duidelik gehoor vanaand.  Dankie Abba Vader.”

In die verlede het ek die mense naaste aan my blameer vir my gevoel van ongeliefdheid, maar dis ‘n groot leun wat net Satan my kan vertel.

Die eintlike rede vir hierdie gevoel en die feit dat daardie ruimte bedoel is vir my Hemelse Vader, en Hom alleen.  Ons Hemelse Vader roep elkeen van ons op ‘n ander manier, en vir my is dit “Die Leegte hier binne my” wat die roepstem van God is.  Die roepstem wat sê “My seun, ek mis jou baie, waar is jy?  Hoekom sien ek jou nie meer so baie soos voorheen nie?”

My antwoord is “Vader, want die lewe hou my te besig.  Ek is gedurig besig om van U ander kinders te help, U tuin te versorg, leemtes in ander se lewe te vul, geld te verdien om kos op die tafel te hou, en U weet eittlik al hierdie goed alreeds, maar nogtans vra U my sodat ek dit ook kan hoor uit my eie mond.”

Die afgelope paar jaar het my Hemelse Vader my geleer om “Die Leegte hier binne my” te vul met Sy liefde.  Partykeer vul ek die leemte deur van Vader se voëls af te neem, soos hierdie Burrowing Owls in Florida. (Klik op die foto om volgrote foto te sien)

Party keer,  soos vanaand, lê ek in my bed en luister na my gunsteling lofliedere, ander kere lees ek Sy Woord tot ek nie maar kan nie.  Ek het dit lanklaas gedoen en dink dis dalk weer tyd.

Ok, hierdie was veronderstel om ‘n blog oor voëls in my tuin te wees, maar duidelik gaan dinge nie so uitwerk nie, en gaan ek skryf oor enige iets wat my uit die slaap hou.  Een ding is verseker, daar sal een van my vriende met vere se fotos wee swat ek afgeneem het, want ek het baie van hulle.

‘n Paar dae gelede het my Hemelse Vader weer Sy liefde met my gedeel deur pasgebore Nonnetjie Eendtjies na Sy tuin te stuur sodat ek binne vat afstand van hulle kon kom.  Wat ‘n belewenis.  Ek was so opgewonde ek het huistoe gehardloop en die hele gesin gaan roep om saam my met die vreugde te beleef.

“Vader ek loof U want net U kan volkome vreugde in ons lewens bring.  Amen.”

Voëls in my Tuin

Hierdie Blog het begin sodat ek die ongelooflike skoonheid en prag van al die voëls wat ek raakloop kan deel met ander wat net so groot liefde en waardering vir die wonderlike skepping van God het.  My liefde vir voëls was nog altyd daar, vandag ek kan onthou.  As kind het ek nessies van baie verskillende voëls in my kamer gehad, opgestopte voëls het aan die dak gehang, en lewende voëls was buite in my hokke gewees.

Vandag beleef ek voëls op ander maniere noudat ek my eie kamera kon bekostig.  Voëls is wat my Hemelse Vader gebruik om my Sy onverdiende Liefde te wys.  As ek ‘n pragtige voël van naby sien of deur my lens, dan kan ek nie anders as om te smelt onder die onveilbare Liefde van God nie.  Ek kry gewoonlik trane in my oë van die pragtige skepping wat God met my deel.

Vandag was weer so dag wat ek God se liefde ervaar het.  Ek was buite by die spruit en toe sien ek 2 Bosruiters in die modder loop en goggas soek.  Dis die eerste keer dat ek hulle op die erf sien.  Hulle vlieg dadelik as hulle jou sien.  Ek het later weer terug gegaan want die eerste keer was my kamera nie by my nie.  Toe ek weer later terug kom kon ek darem die foto neem:

Daar is baie verskillende voëls hier in ons tuin en ek sal hulle almal met julle deel.  Party kon ek al afneem maar party ontduik my elke keer.  Ek sal almal wat ek alreeds afgeneem het so gou moontlik opsit.

Nou ja, dis genoeg opwinding vir een dag.

Tot later……

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.